Meeste skoolverlaters het na al die eksamens ’n blaaskans nodig! Ons dink dis ’n goeie plan om ná skool weg te breek en te besin oor die opwindende toekoms wat op jou wag. Die atkv bied jou ’n geleentheid om verskeie lewensvaardighede te ontwikkel, lewenslange vriendskappe te smee en op jou tyd jou grootste loopbaankeuses te maak. Die atkv-Postmatriekjaar is ’n tien maande lange wegbreekjaar aangebied op atkv-Oorde. Die Drakensberge dien as basis en tot soveel as vyf atkv-spogoorde, geleë in van die mooiste dele van ons land word deur die loop van die jaar besoek.
Lees meer …
- Opgesit deur adele op 18 Julie, 2011
Dit was weer hoo-yah vir die Jeugleiersimposiums
Vanjaar se ATKV-Jeugleiersimposiums het oor die 440 leerders van reg oor Suid-Afrika getrek en dit was weereens ʼn belewenis vir die hoërskool en laerskool leiers gewees. Die doel van die projek is om die verkose VLR’e vir volgende jaar toe te rus met praktiese vaardighede om hul leierskaprolle met selfvertroue te kan hanteer. Die simposiums was aangebied by Goudini Spa (167 hoërskool leiers, met drie leerders van uit Namibië), Buffelspoort (200 hoërskool leiers) en Drakensville (74 laerskool leiers). Lees meer …
- Opgesit deur adele op 20 Oktober, 2010
ATKV-JEUGBERAAD
Kliek hier vir die inskrywingsvorm
Die ATKV-Jeuginstituut bied weer drie Jeugberade tydens die Junie/Julie skoolvakansie aan. Graag nooi ons u skool uit om leerders te identifiseer en as verteenwoordigers van u skool vir die Jeugberaad in te skryf. ʼn Beroep word op u gedoen om Graad 11 leerders te identifiseer, wat opinievormers is, leerders wat ʼn invloed kan uitoefen en wat die potensiaal het om ʼn verskil te maak. Oorweeg dit gerus om ook die Graad 11 leerder te nader wat dalk nie so uitgesproke is nie, maar tog die potensiaal toon om ʼn verskil te kan maak – dalk is die beraad net die geleentheid om so leerders uit sy dop te laat kruip.
Die datums vir 2012 is soos volg:
ATKV-Klein-Kariba (Bela-Bela) 25 – 28 Junie
ATKV-Buffelspoort (Rustenburg) 2 – 5 Julie
ATKV-Goudini Spa (Worcester) 9 – 12 Julie
Lees meer …
- Opgesit deur adele op 20 Oktober, 2010
Hoop vir Opvoeders is ʼn eendagprogram vir opvoeders. Die drie hoof elemente van die program is Ek, Ons en die Skool. Lees meer …
- Opgesit deur adele op 6 Oktober, 2010
Die ATKV-Jeuginstituut bied vanjaar weer ’n reeks Jeugleiersimposiums vir leerders in graad 6 en graad 11 aan.
Vanjaar se Jeugleiersimposiums, die 16de jaar wat dit aangebied word, vind plaas van 6 tot 9 Desember 2010. Die ATKV-Jeuginstituut mik om drie simposiums aan te bied by verskillende ATKV-oorde. Die simposiums is gemik om leerderleiers wat in die volgende jaar as leiers in hul skool verkies is, toe te rus met noodsaaklike leierskapsvaardighede. Lees meer …
- Opgesit deur adele op 4 Oktober, 2010