Bepalings en voorwaardes

GEBRUIK VAN DIE ATKV SE WEBWERF (www.atkv.org.za) 

BEPALINGS EN VOORWAARDES 

Indien u enige van die bladsye op hierdie webwerf besoek, impliseer dit dat u (“die gebruiker”) 

instem tot die volgende bepalings en voorwaardes vir die gebruik van hierdie webwerf: 

1. Kopiereg 

Kopiereg 2008 © ATKV / Posbus 4586 Randburg 2125, Suid-Afrika. Alle regte wat nie uitdruklik 

toegestaan word nie, word voorbehou. Om toestemming te verkry vir die gebruik van enige inhoud 

op hierdie webwerf, skakel ons by +27 11 919 9000 of stuur ’n e-posboodskap aan 

atkv@atkv.org.za. Hierdie e-posadres word beskerm teen e-possnuffelaars. 

2. Vrywaring 

2.1 Hoewel die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (hierna ATKV genoem) en sy verskaffers van 

inligting alles in hulle vermoë doen om die behoorlike werking van hierdie webwerf, die 

akkuraatheid van die inligting of beeldmateriaal en die betroubaarheid van data op hierdie webwerf 

te verseker, waarborg hulle nie die beskikbaarheid van dienste, inhoud en inligting wat op hierdie 

webwerf aangebied word asook die akkuraatheid van die inligting en/of beeldmateriaal op hierdie 

webwerf nie. 

2.2 Die ATKV lewer geen voorstellings of waarborge, hetsy uitdruklik of geïmpliseer nie en aanvaar 

geen aanspreeklikheid of verantwoordelikheid vir die behoorlike werking van hierdie webwerf en/of 

die inligting en of beeldmateriaal wat op hierdie webwerf verskyn nie en die dienste word dus op u 

eie risiko gebruik. Ons lewer in die besonder geen waarborg dat die dienste aan u vereistes sal 

voldoen, ononderbroke, volledig, tydig, veilig of foutvry sal wees nie. Gebruikers word versoek om 

enige moontlike wanfunksie aan te meld by die e-posadres wat in klousule 1 vermeld word. 

2.3 Nóg die ATKV, nóg enige van sy agente of verteenwoordigers is aanspreeklik vir enige skade, 

verlies of aanspreeklikheid van enige aard hoegenaamd wat ontstaan uit die gebruik van hierdie 

webwerf of die dienste of inhoud wat op of deur hierdie webwerf aangebied word of onvermoë om 

dit te gebruik. Hierdie webwerf word op ’n “voetstoots”-grondslag verskaf en is nie saamgestel of 

word nie verskaf om aan die gebruiker se individuele vereistes te voldoen nie. Dit is die gebruiker 

se uitsluitlike verantwoordelikheid om hom, voordat hy ’n ooreenkoms met die ATKV sluit te 

vergewis dat die diens wat van en deur hierdie webwerf voorsien word, sal voldoen aan die 

gebruiker se individuele vereiste en verenigbaar is met die gebruiker se harde- en/of sagteware. 

2.4 Inligting, idees en menings wat op hierdie werf uitgespreek word, moet nie beskou word as 

professionele advies of die amptelike mening van die ATKV nie. 

2.5 Die ATKV kan nie aanspreeklik gehou word vir onwettige of ongrondwetlike inhoud nie. Die 

gebruiker vrywaar die ATKV teen alle aanspreeklikheid in hierdie verband. 

2/5 

3. Skadeloosstelling 

U vrywaar en stel die ATKV skadeloos teen alle en enige verlies, aanspreeklikheid, hofsaak, 

vervolging, koste, eise en skadevergoeding van enige aard (met inbegrip van regstreekse, 

onregstreekse, spesiale of gevolglike skadevergoeding), en ongeag of in ’n hofsaak gebaseer op 

kontrak, nalatigheid of enige ander handeling wat ontstaan uit of in verband met die versuim of 

uitstel van die uitvoering van dienste en/of inligting wat op hierdie webwerf aangebied word of die 

gebruik van dienste, inligting en/of beeldmateriaal wat op hierdie webwerf beskikbaar is, hetsy deur 

die ATKV se nalatigheid of nie. 

4. Gebruik 

4.1 U mag die webwerf net vir wettige doeleindes gebruik en u waarborg dat u nie: 

4.1.1 die webwerf sal gebruik om materiaal te ontvang of te versend nie wat strydig is met enige 

wet of regulasie, wat obseen, bedreigend, rassisties, kwaadwillig, aanstootlik, lasterlik, 

vertroueskending, ’n oortreding van enige intellektuele eiendomsregte of andersins ongewens of 

onwettig is nie; 

4.1.2 die webwerf sal gebruik vir die versending van gemorspos of kettingbriewe nie; 

4.1.3 die webwerf sal gebruik nie anders as vir u persoonlike en niekommersiële gebruik, op u 

rekenaar kopieë of uittreksels sal stoor of druk van die webwerf af nie en u mag nie, buiten vir u 

persoonlike en niekommersiële gebruik inligting wat deur middel van hierdie webwerf voorsien 

word op u eie bediener spieël of stempel nie of teks of grafieke van hierdie webwerf kopieer, 

aanpas, modifiseer of hergebruik sonder die vooraf skriftelike toestemming van die ATKV nie. 

4.2 Persone wat die ATKV se korporatiewe of ander produk-webwerwe om enige rede 

hoegenaamd gebruik onderwerp hulle aan en stem in tot die bepalings en voorwaardes, asook die 

privaatheidsbeleid van die ATKV wanneer hulle toegang tot die webwerf verkry soos hieronder 

uiteengesit. 

4.3 Die doel van hierdie webwerf is net om die gebruiker te voorsien van inligting oor die ATKV en 

die dienste en programme wat hy aanbied. 

4.4 Sonder om afbreuk te doen aan die voorafgaande, magtig ATKV hiermee die gebruiker om die 

inhoud van hierdie webwerf of enige deel daarvan te kopieer, op ’n plaaslike skyf af te laai, te druk 

en versprei met dien verstande dat: 

4.4.1 sodanige inhoud uitsluitlik vir inligtings- en niekommersiële doeleindes gebruik word; en 

4.4.2 enige reproduksie van die inhoud van hierdie webwerf of gedeelte daarvan die volgende 

kopieregkennisgewing bevat: 

WEBSITE DESIGN TEMPLATE © ATKV 2010. Alle regte voorbehou of sodanige 

kopieregkennisgewing as wat spesifiek deur die ATKV vermeld is toe kopiereg na enige ander 

party oorgedra is. 

WEBSITE PROJECT ARTWORK © ATKV 2010. Alle regte voorbehou, of sodanige 

kopieregkennisgewing as wat deur die ATKV spesifiek vermeld het toe kopiereg na ’n ander 

party oorgedra is. 

ALGEMENE KOPIEREG © ATKV 2010. Alle regte voorberei, of sodanige kopieregkennisgewing 

as wat spesifiek deur die ATKV vermeld is toe kopiereg na enige ander party oorgedra is. 

3/5 

4.4.3 Gebruikers wat inhoud van hierdie werf vir kommersiële doeleindes wil gebruik, dit net met 

die vooraf skriftelike toestemming van die ATKV mag doen. 

5. Privaatheidsbeleid 

5.1 Indien hierdie webwerf van die ATKV private inligting van gebruikers insamel, sal sodanige 

inligting nie aan enige derde party openbaar word nie, tensy tussen die partye of deur behoorlike 

regsproses ooreengekom. 

5.2 Die ATKV is daartoe verbind om die privaatheid van u persoonlike data te respekteer. Ons 

strewe te alle tyd daarna om te voldoen aan die toepaslike wetgewing wat die waarmerking, 

beskerming en openbaarmaking van persoonlike inligting beheer. 

6. Sekuriteit 

6.1 Dit word uitdruklik verbied dat enige persoon, besigheid of entiteit ongemagtigde toegang tot 

enige inligting op hierdie webwerf verkry of probeer verkry of poog om enige ongemagtigde, 

skadelike of kwaadwillige kode op hierdie webwerf af te lewer. Enige persoon wat enige 

ongemagtigde, skadelike of kwaadwillige kode op hierdie webwerf aflaai of probeer aflaai of poog 

om ongemagtigde toegang tot enige blad op hierdie webwerf te verkry, sal strafregtelik 

aanspreeklik gehou word en, indien die ATKV enige skade of verlies sou lei, sal siviele 

skadevergoeding geëis word. 

6.2 Koekies 

Die ATKV mag inligting (algemeen bekend as “cookie”) op u rekening stoor wanneer u ons 

webwerf besoek. Dit stel die ATKV in staat om u tydens daaropvolgende besoeke te identifiseer. 

Die soort inligting was ingesamel word, is onpersoonlik (soos die IP-adres van u rekenaar, die 

datum en tyd van u besoek, watter blaaie u besoek het en watter bladsye suksesvol afgelewer is.) 

Behalwe om die basiese konnektiwiteit en kommunikasie te bepaal, mag die ATKV hierdie data in 

aggregaat vorm gebruik of om ons web-inligting by u individuele belangstellings en behoeftes aan 

te pas. Indien u verkies om dit te doen is dit moontlik (afhangend van die blaaier wat u gebruik) dat 

u voor u enige koekies aanvaar, gepor word om dit te aanvaar. Dit sal egter veroorsaak dat 

bepaalde kenmerke van die webwerf nie toeganklik is nie. 

6.3 Sekuriteit van persoonlike data 

Alle redelike stappe sal gedoen word om ’n gebruiker se inligting te beveilig. 

Gebruikers onderneem om nie hulle name en wagwoorde aan enige ander persoon te openbaar 

nie. 

Die ATKV streef daarna om die vertroulikheid, integriteit en beskikbaarheid van u persoonlike 

inligting te beskerm. Neem asseblief kennis dat die ATKV nie verantwoordelik gehou kan word vir 

die privaatheidsbeleide en –praktyke van ander webwerwe wat u moontlik deur middel van skakels 

op hierdie werf kan besoek nie. Ons beveel aan dat u die beleid van elke werf wat u besoek 

nagaan en dat u die spesifieke organisasie skakel indien u vrae of kwelpunte het. 

4/5 

7. Elektroniese kommunikasie 

Deur hierdie webwerf te gebruik of elektronies met die ATKV te kommunikeer, stem die gebruiker 

in en erken dat enige en alle ooreenkomste, kennisgewings, openbaarmakings of enige ander 

kommunikasie voldoen aan enige regsvereiste insluitend, maar nie beperk nie tot die vereiste dat 

sodanige kommunikasie “skriftelik” moet wees. 

8. Intellektuele eiendomsregte 

8.1 Al die inhoud, handelsmerke en data op hierdie webwerf, insluitend teks, grafika, ikone, 

hiperskakels, private inligting, databasisse, sagteware, ontwerpe en ooreenkomste is die eiendom 

van die ATKV of van sodanige partye as wat verteenwoordig word deur  Breinstorm 

Brand Argitekte, of enige sodanige entiteit waarin spesifieke kopiereg met betrekking tot enige 

intellektuele eiendom wat op die webwerf vertoon word mag vestig en is dit as sodanig teen 

skending beskerm deur plaaslike en internasionale wetgewing en verdrae. 

8.2 As die gebruiker erken u dat die ATKV die intellektuele eiendomsregte in en op hierdie webwerf 

besit en alle dienste of inligting wat hierin vervat word en dat die ongemagtigde gebruik daarvan 

uitdruklik verbied word. Die woorde of merke, ATKV en die logo en Breinstorm Brand 

Argitekte, hoe ook al verteenwoordig, insluitend gestileerde verteenwoordiging, alle verwante 

logo’s en simbole en kombinasies van enige van die voorgaande met ’n ander woord of merk, wat 

op hierdie webwerf gebruik word, is handelsmerke van die onderskeie eienaars. 

9. Skakeling en raming 

9.1 Geen persoon, onderneming of webwerf mag sonder vooraf skriftelike toestemming van die 

ATKV na enige bladsy op hierdie werf skakel nie. Sodanige toestemming kan verkry word van die 

e-posadres waarna in klousule 1 hiervan verwys word. 

9.2 Die ATKV mag slegs as ’n gerief vir die gebruiker skakels na ander webwerwe voorsien en die 

insluiting van sodanige skakel impliseer nie noodwendig dat die ATKV sodanige werwe onderskryf 

nie. 

9.3 Hiperskakels wat op hierdie werf voorsien word, indien enige, word voetstoots verskaf en die 

ATKV stem nie noodwendig met die inhoud van sodanige webblaaie saam of onderskryf dit nie. 

9.4 Geen persoon, onderneming of webwerf mag hierdie werf of enige van die bladsye op die werf 

op enige manier hoegenaamd raam nie. 

9.5 Gekoppelde webwerwe of blaaie is nie onderhewig aan die ATKV se beheer nie. Die ATKV kan 

nie regstreeks of onregstreeks op enige manier verantwoordelik of aanspreeklik gehou word vir die 

inhoud, gebruik, of onbruikbaarheid of ontoeganklikheid van enige gekoppelde webwerwe of enige 

skakels wat in ’n gekoppelde webwerf vervat word nie 

10. Soektegnologie 

10.1 Geen persoon, onderneming of webwerf mag sonder die vooraf skriftelike toestemming van 

die ATKV enige tegnologie gebruik om enige inligting op hierdie werf te soek of te verkry nie. 

Sodanige toestemming kan verkry word van die e-posadres waarna in klousule 1 hiervan verwys 

word. 

5/5 

10.2 Die gebruik van soektegnologie soos websnuffelaars of webspinnekoppe om inligting van 

hierdie webwerf te soek en verkry is nie geoorloof nie. Sodanige tegnologie kan ’n vertraging in die 

webwerf se bediener of kopieregskending van enige data en inligting wat van die webwerf 

beskikbaar is tot gevolg hê. 

11. Veranderings en wysigings 

11.1 Die ATKV behou uitdruklik die reg voor om te eniger tyd en na sy uitsluitlike en absolute 

goeddunke enige kriteria of inligting wat op hierdie webwerf uiteengesit is aan te pas en/of te 

wysig. 

11.2 Die ATKV behou hom die reg voor om die inligting, pryse en tariewe wat aangehaal word, 

asook die bepalings en voorwaardes op hierdie webwerf sonder enige kennisgewing te verander 

en te wysig. 

12. Algemeen 

12.1 Hierdie bepalings en voorwaardes word beheer deur en vertolk in ooreenstemming met die 

wette van Suid-Afrika en u moet u onderwerp aan die jurisdiksie van die howe van Suid-Afrika. 

12.2 Hierdie bepalings en voorwaardes is skeibaar deurdat, indien enige bepaling bevind word nie 

deur enige hof van bevoegde jurisdiksie afdwingbaar te wees nie, sodanige bepaling geag sal word 

geskrap te wees sonder dat die oorblywende bepalings van die bepalings en voorwaardes. 

12.3 Die ATKV se versuim om enige bepaalde regte of bepalings van hierdie bepalings en 

voorwaardes uit te oefen maak nie ’n kwytskelding van sodanige reg of bepaling uit nie, tensy dit 

skriftelik deur ons erken en toegelaat is. 

12.4 Hierdie bepalings en voorwaardes soos van tyd tot tyd deur die ATKV gewysig, maak die 

uitsluitlike ooreenkoms tussen die vereniging en u uit. 

12.5 Hierdie bepalings en voorwaardes sal tot voordeel van die ATKV wees en mag, na die 

vereniging se goeddunke, deur hom kwytgeskeld word. 

12.6 Hierdie webwerf word aangebied, beheer en bedryf vanuit die Republiek van Suid-Afrika en 

daarom sal die Suid-Afrikaanse reg enige geding ingevolge die gebruik en onbruikbaarheid van 

hierdie webwerf beheer.